Secunda-gemeenskap staan saam
Mense help boere in nood.
SECUNDA – Almal is bewus van die groot droogte waaronder meeste boere en nou ook dorpe gebuk gaan.
Die gemeenskap het besluit om saam te staan en uit te help.
Nuus het vinnig op sosiale media versprei dat twee liter bottels met water gevul by sekere punte afgelewer kan word.
Mense met boorgate het ingespring en ander se houers ook volgemaak.
Die water sal onder boere versprei word wat vir hulp gevra en reeds ’n watertekort het.
Duisende liters water is reeds bymekaar gemaak en die gemeenskap se bydrae was oorweldigend.
Daar is houers wat soveel as 20 liter water vat, afgelaai.
Hoërskool Oosterland het ook water versamel en Secunda Motor Corporation’s het ook ’n groot bydrae gelewer.
SCANFIN in Secunda,Mnr. Roelof Gouws van Secunda 911, mnr. Shayne van den Heever van Langamed Suid Ambulansdienste, adj-off. Oosie Oosthuizen en me. Chantelle Prinsloo van Sektor drie Polisiëringsforum word onder andere bedank vir hul reëlings en bydraes om van die projek ’n sukses te maak.
Daar sal weer na boere uitgereik word en skole in en om die omgewing beplan klaar projekte om water te versamel.





