Inwoners bid vir reën
“Almal was welkom by die geleentheid en sowat 200 mense het dit bygewoon,” het me. Le Roux gesê.
Inwoners van Standerton, geestelike leiers, boere en sakelui het op 8 Januarie ’n gebedsbyeenkoms by Jonkersdam bygewoon.
Die doel was om die Allerhoogste se ingryping te vra by onder meer die knellende droogte en veiligheid van boere en seën vir 2016 te vra.
Die gebed is beantwoord voordat die byeenkoms begin het toe die sluise van die hemel oopgegaan het.
Me. Natasha Verster, ’n boer se vrou, het die byeenkoms van stapel gestuur met die hulp van me. Amanda le Roux, koördineerder van die Standerton4Jesus Gebedsnetwerk en ’n lid van die Leraarsforum.
“Almal was welkom by die geleentheid en sowat 200 mense het dit bygewoon,” het me. Le Roux gesê.
Dit was die eerste keer dat so ’n byeenkoms by Jonkersdam gehou is hoewel soorgelyke geleenthede al elders plaasgevind het.
Volgens me. Le Roux was die teenwoordigheid van God voelbaar in die tent by die gesamentlike inisiatief van die gebedsnetwerk, kerkleiers, boere en sakelui.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805







