Johan Bester het 10 jaar gelede by Graceland karaoke begin sing.
Hy het toé besef dat hy werklik ’n talent vir sing het.
“Ek het nooit op skool gesing of aan sangkompetisies deelgeneem nie.
“My swaer het eendag vir my ’n mikrofoon gegee en gesê ek moet probeer sing.
“Dit was waar alles begin het,” het Johan vertel.
Johan het ook vir Supersterre en Idols ingeskryf.
Hy het onder die Top 20 van Supersterre geëndig, maar kon weens sy werk nie by al die ander uitdunne wees nie.
Een van sy grootste drome is om op ’n verhoog te kan staan en 6 000 mense vermaak.
“Ek sal baie graag my eie CD wil vrystel en een van my ander doelwitte is om saam met Steve Hofmeyr op te tree,” het Johan gesê.
Hy het intussen by sy werk bedank en tree nou voltyds by partytjies, troues en jaareindfunksies op en bied karaoke-aande by verkeie plekke aan.
Om as seremoniemeester op te tree is ook een van sy talente.
Johan het ’n goeie verhoogpersoonlikheid en vermaak oud en jonk.
Sy grappies laat almal lag en hy kry dit reg om van die skaamste mense aan die karaoke te laat deelneem.
Hy het vir Oom Johan en Tannie Anna van Kinross Lounge vir hul ondersteuning bedank, asook al sy vriende en mnr. Louis en me. Nanette Behr van Pappegaai Sportkroeg.
Johan tree elke Woensdag by die Pappegaaikroeg op en elke Vrydag by die Kinross Lounge.
Kyk gerus uit vir hierdie talentvolle jong sanger.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
WhatsApp – 0793644185



