Editor's choiceLocal newsNews

Vrou sterf in Bethal huisbrand

Me. Lulu Saunders (64) is na bewering in haar huis dood nadat 'n brand ontstaan het.

Me. Lulu Saunders (64) is na bewering in haar huis dood nadat ‘n brand ontstaan het.

Sy en haar man, mnr William Saunders (58) was blykbaar alleen in die huis.

Volgens ooggetuies het die huis net na 8nm gisteraand in Chris Hanistraat aan die brand geslaan.

Mnr. Saunders is na bewering gisteraand in Bethal Hospitaal opgeneem, maar is reeds ontslaan.

Mnr. Douw Botha, senior stasie-offisier van Bethal se brandweer, het aan die Ridge Times gesĂȘ dat die oorsaak van die brand nog ondersoek word.

Volgens mnr. Botha sal die ondersoek deur die polisie se spesiale eenheid vir sowat drie tot vyf dae duur.

Meer inligting sal in vandeesweek se Ridge Times beskikbaar wees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button