Me. Marie Coetzee, matrone van die Standerton Ouetehuis, gaan na ‘n leeftyd in verpleging, aftree.
Sy is ‘n bekende gesig op die dorp asook ‘n ware staatmaker vir kollegas.
Me. Coetzee het op Volksrust grootgeword en het in 1958 Standerton toe getrek.
Sy het verpleegkunde studeer by ‘n kollege in Springs, maar het haar opleiding by die Standerton Hospitaal gedoen.
Sy het bykans 40 jaar by die hospitaal gewerk waar sy ‘n verpleegster was.
Die ouetehuis het haar in 2004 genader om by hul aan te sluit en sy het die geleentheid met albei hande aangegryp.
Sy was deel van die bestuur, in bevel van die siekeboeg, asook matrone van die tehuis.
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.



