Editor's choiceLocal newsNews

Mien Cronjé kort ná verjaarsdag oorlede

Sy het in 1953 met Dries Cronjé getrou en die egpaar het hulle in 1954 in Ermelo kom vestig waar oom Dries Cronje's Apteek geopen het.

Me. Mien Cronjé (neé Human) is Vrydag, 19 Februarie ná ‘n kort siekbed oorlede.

Tannie Mien is op 14 Februarie 1930 op Ermelo gebore en het op die plaas Vlakfontein grootgeword.

Nadat sy haar skoolloopbaan aan EHS voltooi het, het sy na Johannesburg verhuis waar sy as haarkapster werksaam was.

Sy het in 1953 met Dries Cronjé getrou en die egpaar het hulle in 1954 in Ermelo kom vestig waar oom Dries Cronje’s Apteek geopen het.

Oom Dries en tannie Mien was 62 jaar lank getroud en twee kinders, Elsabe en Theunis, is uit die huwelik gebore.
Theunis het hulle in 1992 op die ouderdom van 33 jaar ontval.

Sy en oom Dries was sedert Maart 2010 inwoners van die SAVF-Huis.

Tannie Mien was ‘n ywerige kleremaakster en vriende onthou haar, altyd op ‘n drafstappie in haar wit jassie.

Sy het ook die apteek se aflewerings in haar wit Mini gedoen.

Sy word oorleef deur haar man, dogter, skoonseun, klein-dogter, broer en suster.

Die teraarde-bestelling het plaasgevind by die Ermelo-begraafplaas waarna die begrafnisrede in die Gereformeerde Kerk in Kleynhansstraat deur ds. Carel Jansen van Secunda gelei is.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button