Twee brande woed gisteraand
AfriForum Buurtwag en die brandweer was op albei tonele en het die vure vinnig onder beheer gekry.
Twee brande het gisteraand in Standerton en Sakhile uitgebreek.
Die eerste brand was by ’n plaaslike onderneming op die dorp en die ander in Sakhile naby die Santa Hospitaal.
Geen beserings is op die dorp aangemeld nie, maar volgens mnr. Hillel Coetzer, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak, het ’n man brandwonde by die tweede brand opgedoen.
AfriForum Buurtwag en die brandweer was op albei tonele en het die vure vinnig onder beheer gekry.
Die oorsaak van die brande is nog onbekend.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 5bf99755
WhatsApp – 0731082205fw



