MunicipalNews

Factorystraat meer bekend vir riool-en waterlekkasies as fabrieke

Ongelukkig is dié straat nou bekend vir die slaggate, waterlekke en rioollekke wat floreer.

Factorystraat in die industriële gebied is nie bekend vir die fabrieke nie.

Ongelukkig is dié straat nou bekend vir die slaggate, waterlekke en rioollekke wat floreer.

Volgens me. Gerda Viljoen spoel riool reeds bykans twee weke in die straat af.

Dit loop in die straat af en deur ’n nabygeleë veld in die Vaalrivier in.

Daar is ook ’n waterlekkasie wat al sedert verlede jaar daagliks vars water vermors.

Me. Viljoen het die lekkasie by die Lekwa Munisipaliteit aangemeld en die munisipaliteit het kom kyk, maar tot dusver is nog niks gedoen nie.

Nog ’n probleem van die water- en rioollek is dat die slaggate vol water opvul wat motoriste belemmer om die gate raak te sien.

Die slaggate is al ’n rukkie daar en motoriste wat daagliks daar ry het al gewoond geraak om die gate mis te ry, maar die rioolreuk kan nie gemis word nie.

Volgens mnr. Hillel Coetzer, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak, is die pompe nie aangesit nie omdat die munisipale werkers gestaak het.

Hy het onderneem om te kyk wat hy aan die situasie kan doen.

Die pompe was teen Dinsdag omstreeks 3nm in werking.

“Die probleem bly steeds die lekkasies en geblokte pype,” het mnr. Coetzer gesê.

Die Standerton Advertiser het by twee geleenthede navraag by die munisipaliteit gedoen en ook die verwysingsnommer gegee, maar geen terugvoering is teen druktyd ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button