Editor's choiceLocal newsNews

Vrou betaal R20,000 boete

Die boete is in kontant betaal.

Medrin Ndlovu (49), die vrou wat onlangs skuldig bevind is aan strafbare manslag weens die dood van die 16-jarige ­Stiaan Schoeman in ’n motorfiets ongeluk in Julie 2015 is in die hof op Ermelo met R20 000 beboet.

Sy het verlede maand in die hof erken dat sy op die betrokke dag met haar voertuig op die hoek van Kerk en Mac Donaldstraat voor Stiaan en sy vriend Armand Hellmuth op hulle motorfiets ingedraai en ’n botsing veroorsaak het.

’n Bewoë Ndlovu het ter versagting gevra dat haar rybewys nie van haar af weggeneem moet word nie aangesien ’n rybewys noodsaaklik is om haar pligte as amptenaar van die Departement Landbou uit te voer

Sy het die R20 000 in kontant betaal.

Lees ook – Vrou skuldig aan manslag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button