‘n Man het op 17 Maart in Baumannstraat teen ‘n afgesaagde lamppaal vasgery.
Hy het van die pad afgetrek nadat hy ‘n geluid onder sy motor gehoor het.
Die lamppaal op die sypaadjie was onsigbaar omdat die lang gras dit bedek het.
Die bestuurder is nie tydens die ongeluk beseer nie, maar sy bakkie het skade opgedoen.
AfriForum was op die toneel.
Mnr. Hillel Coetzer, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak, het gevra hoekom die gras op die sypaadjies nie gesny word nie, waar die lamppaal heen is en hoekom nie aandag aan die situasie gegee word nie?
Mnr. Coetzer het onderneem om te kyk wat hy aan die saak kan doen.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 5bf99755
WhatsApp – 0731082205



