SECUNDA – Inwoners van uitbreiding 22 is briesend oor die onwettige gebruik en vermorsing van water by ’n bouperseel in Heinz Thomasstraat.
Volgens mnr. André Mulder, inwoner, koppel bouers waterpype aan munisipale pype.
Daar is geen vloeimeter om watergebruik te meet nie en die water stroom aanhoudend by die pype uit.
“Wie is vir die koste van die gebruik van dié water verantwoordelik?” wou mnr. Mulder weet.
Die perseel is glo waar ’n nuwe Engelse laerskool gebou word.
Daar is wans asbeseenhede opgerig, terwyl die bouery aangaan.
Mnr. Mulder het gesê: “Ek het die munisipaliteit geskakel en mnr. Desember het kom kyk.
“Hy het ook nie geweet wat aangaan nie en sou dit met sy hoof opneem.
“Ek het nog geen terugvoer gekry nie.”
Mnr. Bheki Khubeka, woordvoerder van die Govan Mbeki Munisipaliteit, is genader vir kommentaar.
Hy het gesê dat die munisipaliteit die saak sal ondersoek en sal terugvoer gee.






