Editor's choiceLocal newsNewsBreaking News

Een ernstig beseer na voertuig twee beeste tref

Die omvang van hul beserings is onbekend.

Drie mense is in ’n ongeluk beseer na hul voertuig twee beeste getref het.

Die ongeluk het bykans 15km buite Standerton plaasgevind.

Volgens inligting was die voertuig op pad na Standerton.

Drie insittendes is na die Standerton Hospitaal geneem.

Die omvang van hul beserings is onbekend.

Die Standerton Polisie, AfriForum, en die insleepdienste was op die toneel.

Nie een van die beeste het die voorval oorleef nie.

Volgens nuwe inligting is mnr. Deodat Prenzler, die boer op soek na ‘n derde bees wat betrokke was.

Hy kan nie op hierdie stadium kommentaar lewer nie.

OPVOLG 8 April 8.06vm

Volgens mnr. Hillel Coetzer, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak, is een persoon ernstig beseer.

Hy het ook gesê dat mnr. Prenzler ondersoek gaan instel oor hoe die beeste uitgekom het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button