MunicipalNews

Munisipale huurders is raadop

Munisipale huurders kry swaar omdat hulle klagtes op dowe ore val.

EENDRACHT – Mnr. Elias Bosman, inwoner van Aandgloorwoonstelle in Scheepersstraat, is raadop.

Die woonstelle, waar hy al vir 12 jaar woon, behoort aan die Govan Mbeki Munisipaliteit, maar hulle neem glo geen verandtwoordelikhied vir die onderhoud daarvan nie.

Volgens mnr. Bosman het sy geyser in 2013 gebreek en het hy die munisipaliteit herhaaldelik daarvan in kennis gestel.

Die plafon in sy sitkamer is gekraak en hang gevaarlik laag.

Mnr. Bosman het die plafon ook meer as een keer aangemeld, maar tevergeefs.

Die grootste krisis tans is egter die rioolsisteem van die woonstelle.

Die eenhede maak van ’n septiese tenk gebruik wat twee maal per week leeg gesuig moet word.

Dié tenk is meer as ’n maand laas leeg gesuig.

Dit gebeur glo gereeld dat die tenk te vol word en dan oorstroom.

Die riool vloei dan by die buitedreine van die eenhede uit, regs lank elke inwoner se agterdeur.

Dit vloei ook deur die voortuine van die woonstelle en oor die looppaadjies.

Weens die manier waarop die woonstelle gebou is, vorm die riool poele in die beddings en teen die mure en fondasies van die woonstelle op.

“Dié is nie net ’n verleentheid nie, maar ook ’n gesondheidsrisiko,” het mnr. Bosman gesê.

Inwoners is raadop en weet nie meer wie om te skakel nie.

“As ons die munisipalitiet skakel, belowe hulle om iemnad uit te stuur, maar niemand daag ooit op nie.”

Die Govan Mbeki Munisipalitiet is om kommentaar genader.

Mnr Bheki Kubheka, woordvoerder vir die Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê dat die munisipaliteit ondersoek sal instel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button