Charmaine benodig hulp
Na ’n bloedklont wat nie wou oplos nie, het sy haar been verloor.
Die Standerton Advertiser het op 29 Januarie oor me. Charmaine Lottering berig.
Na ’n bloedklont wat nie wou oplos nie, het sy haar been verloor.
Die agterste spier in haar been is te kort afgesny en dit maak dat die stompie agtertoe trek.
Me. Lottering moet weer ’n operasie ondergaan om die probleem op te los voor sy ’n kunsbeen kan kry.
Sy het nie ’n mediese fonds nie en dus her haar ma, me. Christa Verwey, ’n rekening oopgemaak om geld vir hul mediese onkoste in te samel.
Enige iemand wat ’n bydrae wil maak, kan me. Verwey by 071 875 9061 skakel.
Die rekeningnaam is Trust Charmain en die rekeningnommer is 1455993105.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 5bf99755
WhatsApp – 0731082205



