MunicipalNews

Waterlek herstel in Kosmospark

Die water het op die hoek van Baumann- en Kameeldoringstraat opgedam.

Daar is goeie nuus vir inwoners van Kosmospark nadat ’n waterpyp wat gelek het, herstel is.

Die waterlek in Baumannstraat het talle mense raadop gehad omdat die water op die hoek van Baumann- en Kameeldoringstraat opgedam het.

Die Standerton Advertiser het op 5 Februarie die top 10 waterlekke op Standerton genoem.

Dié lek was een van die lekke wat groot kommer veroorsaak het omdat die water dag en nag uit die stukkende pyp gestroom het en ook slaggate veroorsaak het.

Die Lekwa Munisipaliteit het op 26 Maart begin werk aan die probleem.

Die Standerton Ibis het op 11 April weer ’n besoek afgelê en gesien dat die lek herstel is.

Hoewel die ou pyp nog in die veld is, word geen water meer vermors nie.

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 5bf99755

WhatsApp – 0731082205

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button