MunicipalNews

Wenke om krag te bespaar

Maak jou storttyd korter.

Met die elektrisiteitstariewe wat opgaan weens Eskom wat hul geld wil terugkry, sal mense moet begin krag spaar.

Min mense steur hulself aan die advertensie op televisie as jy 7de Laan kyk, maar om na dié advertensie te luister, kan net goed wees.

Een manier om te bespaar is om die geiser af te skakel wanneer dit nie gebruik word nie.

Mense stry gereeld en sê dat dit meer krag sal neem om dit weer aan te skakel, maar volgens Eskom se webblad is dit nie so nie.

Skakel ligte af as jy nie in die vertrek is nie.

Gebruik eerder die lamp op die tafel of natuurlike lig wat deur die venster kom.

Maak seker die muurproppe is af jy dit nie gebruik nie.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 5bf99755

WhatsApp – 0731082205

electricity_23052

As jou selfoon se laaier elke dag heeldag ingeprop is, gebruik dit steeds krag al is jou foon nie op laai nie.

Vir die wat nog nie energiebesparingsligte geïnstalleer het nie, nou is die tyd!

Dié ligte gebruik tot 75% minder krag as die gewone ligte en maak ’n verskil aan jou maandelikse rekening.

Installeer sonpanele.

Al is die hoeveelheid sonpanele net genoeg om ’n paar ligte, die televisie en die ketel te trek, is dit al klaar ’n verbetering en baie krag word daagliks gespaar.

Maak jou storttyd korter.

 

Die geiser werk oortyd as jy ’n uur lank in die stort wil staan.

Hoe langer jy stort, hoe hoër die rekening!

Was al die wasgoed op een slag en was met koue water.

In plaas daarvan om die wasgoed in ’n tuimeldroeër te gooi, hang dit buite op.

Probeer om eerder die mikrogolfoond te gebruik as jou stoof of oond.

As jy ’n paar van dié wenke in jou alledaagse lewe toepas, sal jy vinnig jou elektrisiteitsrekening verminder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button