MunicipalNews

Kosmospark-inwoners sit hande in die hare

Die munisipaliteit het toe as rede aangevoer dat die reservoirpompe waaraan kontrakteurs gewerk het, die watervloei belemmer het.

’n Besorgde dogter het dit weer eens onder die Standerton Advertiser se aandag gebring dat inwoners in Kosmospark se watertoevoer gebrekkig is.

Haar ouers, wat pensioenarisse is, se gesondheid ly nou daaronder.

Volgens haar, ry hulle weekliks water van hulle tuisdorp Secunda aan om in die ouers se behoeftes te voorsien.

Die gepaardgaande optel en hantering van waterkanne het die bejaardes se gesondheid geknou.

Sy het gesê dat die Lekwa Munisipaliteit se watertrok op ’n stadium weekliks water voorsien het.

Volgens haar ondervind inwoners in Steenboksingel naby die kafee die probleem al die afgelope twee jaar.

Dié pleidooi het nie op dowe ore geval nie en ’n e-pos is op 15 April aan die munisipaliteit se kommunikasiebestuurder, me. Thobeka Mtshiselwa, gestuur om agter die kap van die byl te kom.

Me. Mtshiselwa het dadelik laat weet dat die saak ondersoek sal word en terugvoering gegee sal word.

Standerton Korrektiewe Dienste sal ook weet waarvan gepraat word nadat in 2014 en 2015 oor hulle dilemma berig is.

Die munisipaliteit het toe as rede aangevoer dat die reservoirpompe waaraan kontrakteurs gewerk het, die watervloei belemmer het.

Volgens mnr. Johannes van der Wath, DA-raadslid in die wyk, het die munisipaliteit gesê die probleem kan toegeskryf word aan Goldi, ’n afdeling van Astral Operations Ltd. (Early Bird) wat uitgebrei het en om verhoogde waterverbruik by die munisipaliteit aansoek gedoen het.

Die munisipaliteit het dit toegestaan en nou is die reservoirvlak soms te laag omdat nie genoeg water gepomp word nie.

Volgens hom is die pompe nooit opgegradeer nie.

Mnr. Theo Delport, besturende direkteur van Goldi se pluimvee-afdeling, het gesê dat hulle laas in 2014 uitgebrei het en dat die waterverbruik deur tegnologie nou minder as voorheen is.

Lees sy volledige kommentaar asook die van ander inwoners in volgende week se Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button