MunicipalNews

AfriForum stel ultimatum aan munisipaliteit

Volgens hom is daar egter nog verskeie diensleweringsprobleme op Standerton, maar verseker inwoners dat AfriForum met aksies soos dié die belastingbetaler se geld reg aanwend.

Kontrakteurs wat deur die Gert Sibande Distrikmunispaliteit aangestel is, het op 28 April slaggate op die dorp begin herstel.

Volgens AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, mnr. Hillel Coetzer, volg dit nadat die plaaslike AfriForum-tak, Lekwa Munisipaliteit op 15 April op terme geplaas het om paaie op te knap.

“Dié slaggate hou ’n gevaar vir motoriste in en kan lei tot die beskadiging van voertuie, motorbotsings en noodlottige beserings.

“Dit is verblydend om te sien dat die munisipaliteit gehoor gegee het aan dié ultimatum,” het mnr. Coetzer gesê.

Volgens hom is daar egter nog verskeie diensleweringsprobleme op Standerton, maar verseker inwoners dat AfriForum met aksies soos dié die belastingbetaler se geld reg aanwend.

Indien jy AfriForum se slaggatherstelprojek op 13 en 14 Mei op Standerton en omliggende gebiede wil ondersteun, sms die woord “GAT” na 45350.

’n Sms kos R1.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button