Editor's choiceLocal newsNews

Tuisversorging kan die antwoord wees

Baie mense sit met die behoefte vir tuisversorging en wil nie op die familie steun nie

BETHAL – Mnr. Johan Ackerman, ’n bekende inwoner van Bethal, moes twee weke in die hoësorgeenheid bestee nadat hy ’n beroerte gehad het.

Hy het daarna ses weke in ’n rehabilitasiesentrum deurgebring.

Mnr. Ackerman het vertel: “Ek was in ’n doodloopstraat.

“My vrou moes my versorg en ons het gesukkel.

“As dit nie vir Residentia Palm-oord was nie, weet ek nie wat ons sou gedoen het nie.

“Ek het by me. Van der Walt van die tuisversoging gehoor.”

Mnr. Collin Nkosi is mnr. Ackerman se versorger.

“Ons kom baie goed oor die weg en mnr. Ackerman werk baie hard.

“Hy doen al die oefeninge tot die beste van sy vermoë en druk homself om telkens beter te doen,” het mnr. Nkosi vertel.

“Baie mense sit met die behoefte vir tuisversorging en wil nie op die familie steun nie.

“Collin kom vyf keer ’n week na my toe en help my om te bad, aan te trek en oefeninge te doen.

“Hy is baie vriendelik.

“Ek is nie iemand wat kan stil sit nie en help steeds oral waar ek kan, al is dit net om die skottelgoed af te droog en waar ek kan bykom, te help weg pak.

“Ons verstaan mekaar en hy is my steunpilaar,” het mnr. Ackerman gesê.

Residentia Palm-oord is nie net ’n aftree-oord met sy eie versorgingsafdeling nie, maar doen nou ook tuisversorging vir oud en jonk.

Tuisversorging kom handig te pas wanneer ’n ouer, eggenoot of kind het wat versorging nodig het en dit soms voel of jy nie die versorging kan hanteer nie.

Tuisversorgers kan help met al die takies in die huis, die maak van kos of selfs tuinwerk.

Hulle help met die versorging van kinders wat meer aandag verg as by ’n skool en spesiale aandag nodig het wat jy nie kan aanbied nie.

Waglyste, reëls en regulasies kan probleme skep of daar is net nie ’n manier wat jy nou iemand na ’n versorgingsoord toe kan neem nie.

Enige mens, jonk of oud, funksioneer en herstel vinniger in die bekende omgewing van sy huis.

Om iemand in die gemak van sy of haar huis te laat versorg tot jy tuis kom, is moontlik net die oplossing vir jou huidige situasie.

Die tuisversorgingsdiens wat deur Residentia Palm-oord aangebied word, kan ook 24 uur per dag gedoen word indien benodig.

“Na ’n deeglike evaluasie, bepaal ons saam met jou die behoefte en werk saam ’n versorgingsplan uit wat as riglyn gebruik word vir die tuisversorgingsdiens wat ons opgeleide versorgers by die huis kan lewer.

“Die diens word deurlopend gemonitor en weeklikse evalusies word gedoen deur ons professionele verpleegkundiges,” het me. Marthie van der Walt gesê.

Vir meer inligting, skakel Palm-oord by die volgende nommers of stuur ’n epos na:

Palm-oord-administrasie: 017 647 2593/4619.

Marthie van der Walt, tuisversorgingskoördineerder: 082 340 1200.

Braam Bouwer, bestuurder: 060 505 0737.

Epos: palmoord1@residentia.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button