MunicipalNews

AfriForum slaan hand aan die ploeg op dorp

Dié onkoste van dié herstelwerk sal van die Lekwa Munisipaliteit verhaal word.

Kontrakteurs wat deur die Gert Sibande Distriksmunispaliteit aangestel is, het op 28 April slaggate op die dorp begin herstel.

Volgens AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, mnr. Hillel Coetzer, volg dit nadat die plaaslike AfriForum-tak, Lekwa Munisipaliteit op 15 April op terme geplaas het om paaie op te knap.

“Dié slaggate hou ‘n gevaar vir motoriste in en kan lei tot die beskadiging van voertuie, motorbotsings en noodlottige beserings.

“Dit is verblydend om te sien dat die munisipaliteit gehoor gegee het aan dié ultimatum,” het mnr. Coetzer gesê.

AfriForum het egter op 16 Mei hand aan die ploeg geslaan om slaggate op Standerton te herstel.

Dié is een van die projekte wat AfriForum as deel van die organisasie se selfdoen-inisiatief loods en vorm deel van hulle nasionale slaggatmaand wat op 9 Mei afgeskop het.

Me. Nadia Smith (AfriForum: ondervoorsitter en mediaskakelbeampte) en mnr. Hillel Coetzer (AfriForum: streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes) neem die slaggatprojek na nuwe hoogtes. Foto: AfriForum
Me. Nadia Smith (AfriForum: ondervoorsitter en mediaskakelbeampte) en mnr. Hillel Coetzer (AfriForum: streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes) neem die slaggatprojek na nuwe hoogtes. Foto: AfriForum

Paaie in Princess, Vry- en Beyers Naudéstraat is onder andere deur die span aangedurf.

Dié onkoste van dié herstelwerk sal van die Lekwa Munisipaliteit verhaal word.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur “Gat” na 45340 te SMS (R1).

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button