Editor's choiceLocal newsNews

OPVOLG: Leticia se nuwe hart klop

Man loof God vir wonderwerk.

OPVOLG: Me. Leticia Nel se nuwe hart klop!

Haar man, mnr. Jurgens Nel, het laat weet die hartoorplanting wat sy vrou vandag ondergaan het, blyk suksesvol te wees.

Hy het pas aan die Ridge Time deur middel van ‘n boodskap laat weet: “Laat dit reg oor die wêreld uitgebasuin word: God, die Vader, die almagtige Skepper van die hemel en aarde, groot Geneesheer en Verlosser!

“Op dié dag het Hy my vrou se lewe gered met Sy groot wonderwerk, die hart is in en klop, hulle is besig om klaar te maak, wag net dat sy terug in icu is! HOE GROOT IS U!

“Mag God die mense wat sy instrumente was, seën.

“Daar is altyd engele om ons, ons sien hulle net nie altyd raak nie.”

Me. Leticia Nel is om 2.20nm in teater toe om haar voor te berei vir die tweede hartoorplanting.

Die eerste hart is moontlik beskadig en wou nie vanself begin klop nie.

Die hart is uit die Kaap per vliegtuig gestuur.

Mnr. Nel het voor die operasie gesê: “Die dokters het gesê dat dit ‘n baie hoë risiko oorplanting is.

“Mag die Vader die almagtige Skepper, die skepper van hemel en aarde, al Sy engele saam teater toe stuur.

“Mag Hy die dokters wat Sy instrumente is, lei.

“Ons staan voor ‘n berg en ons slaan ons oë op na die Hemel, waar ons krag vandaan kom.

“Beskerm my vrou.

“Hou U hand van beskerming oor haar en mag Hy haar omvou in Sy liefde en Sy lig op haar laat skyn.”

Lees meer oor dié storie hier: https://www.citizen.co.za/ridge-times/64462/leticia-het-dringend-bloed-nodig/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button