Vragmotor en bus bots op R23-Volksrustpad
Volgens me. Senamile Phungula, Standerton Advertiser joernalis, is die vragmotorbestuurder agter die stuurwiel vasgepen.
’n Bus en vragmotor is sowat 6km op die Volksrustpad in ’n ongeluk betrokke gewees.
Volgens me. Senamile Phungula, Standerton Advertiser joernalis, is die vragmotorbestuurder vasgepen.
Dit is nog nie aan die Advertiser bekend wat die omvang van sy beserings is nie.
Nooddienste probeer tans om hom uit die vragmotor te verwyder.
“Dit lyk nie of daar enige iemand in die bus is nie,” het me. Phungula gesê.
Inligting is op die stadium vaag, maar die Advertiser sal lesers op hoogte hou sou daar nuwe verwikkelinge wees.
Verskeie rolspelers is op die toneel.
OPVOLG: 8.21vm
Volgens nuwe inligting was dit nie die bestuurder wat vasgepen is nie, maar ’n passasier.
Die bestuurder is reeds in die hospitaal opgeneem en die passasier is uit die vragmotor verwyder.
Medici gee tans aandag aan sy beserings.
OPVOLG: 8.47vm
Pasassier is oomblike gelede dood.




