Standerton Advertiser en Spar bedank Kasselman
Met die snerpende koue wat woed om elke hoek en draai, is sop en broodjies die mees geskikte gewees om aan personeel van Kasselman Veiligheidsdienste te oorhandig.
Standerton Advertiser en Spar het hande geneem om tydens 67 Minute vir Internasionale Nelson Mandela Dag, terug te gee.
Met die snerpende koue wat woed om elke hoek en draai, is sop en broodjies die mees geskikte gewees om aan personeel van Kasselman Veiligheidsdienste te oorhandig.
Mnr. Wayne van der Walt, redakteur van die Standerton Advertiser, het mnr. Jandré Kasselman en wagte toegespreek.
“Ons wil graag Kasselman Veiligheidsdienste se personeel bedank vir die uitstekende diens wat hul lewer.
“Dit is vir ons ’n voorreg om terug te kan gee aan ’n groep mense wat deur die dag en saans as ons gaan slaap, hul lewens in gevaar stel om inwoners se veiligheid te verseker.
“Namens die Standerton Advertiser wil ons ook graag Spar en die bestuur bedank wat onbaatsugtig gehelp het met die voorbereiding van die sop.”
Mnr. Nick Iacovou, bestuurder van Spar, het ook sy dank aan Kasselman Veiligheidsdienste uitgespreek.
“Ons wil graag Kasselman vir die voortgesette diens wat hul aan ons, asook die gemeenskap lewer, bedank.”



