Local newsNews

Secunda treur oor Divan en Lenie

Die volgende oproep wat sy ontvang het was van die polisie om haar mee te deel dat daar ’n ongeluk was

SECUNDA – Divan Botes en sy ouma, me. Lenie Mynhardt, is Sondag, 21 Augustus in ’n motorongeluk naby die Devon-afrit op die N17-snelweg dood.

Divan se ma, me. Daleen Botes, het die naweek gewerk en hy het by sy ouma gebly.

Me. Botes het haar ma geskakel om uit te vind waar hulle is.

Die volgende oproep wat sy ontvang het, was van die polisie af wat haar meegedeel het dat daar ’n ongeluk was.

Me. Mynhardt en Divan is blykbaar op slag dood.

Divan was ’n leerling aan Laerskool Kruinpark en die skool het die week as donker beskryf.

Divan het aan krieket en karate deelgeneem.

Me. Mynhardt was by die Secunda VLU-tak betrokke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button