Local newsNews

Misty Waters Musiekfees vier volgende jaar ’n dekade in Secunda

Volgende jaar met die 10 jaar-feesviering val dit oor vier dae vanaf 23 tot 26 April.

Die naweek van 30 April tot 2 Mei het Misty Waters, die jaarlikse musiekfees, hom weer afgespeel by die Kamp Oase feesgrond.

Misty Waters het in 2017 by Lake Umuzi Waterfront ontstaan met slegs ’n handjievol feesgangers.

Dié fees het egter vinnig ontpop as ’n gewilde samekoms vir oud en jonk, en volgende jaar word daar 10 jaar van musiek en nuwe vriendskappe gevier.

Misty Waters word oor ’n langnaweek gehou wat gewoonlik drie dae van musiek is en besoekers die laaste dag kan gebruik om na hul tuistes terug te keer.


kampvure brand hoog
Die feesvure brand hoog. Foto: Verskaf

Volgende jaar met die 10 jaar-feesviering val dit oor vier dae vanaf 23 tot 26 April.

Bekende en gewilde sangers is jaarliks op die hoofverhoog en mense vanoor Suid-Afrika sorg dat hulle betyds hul beplanning doen en verblyf bespreek.

Omdat die feesgrond by die kampterrein van Kamp Oase is, word hierdie gebied ’n groot feesterein waar die vure hoog brand en nuwe vriende gemaak word.

Vanjaar het die Umuzi Teater blues-musiek aangebied tot voorloop van die laatmiddaggebeure op die hoofverhoog.


Die kenteken van die Misty Waters-fees staan gereed om aan die brand gesteek te word en dan op die water uitgestuur te word. Foto: Verskaf
Die kenteken van die Misty Waters-fees staan gereed om aan die brand gesteek te word en dan op die water uitgestuur te word. Foto: Verskaf

Volgens die organiseerders, was dít ’n reuse sukses en die feesgangers en kunstenaars kon nie uitgepraat raak oor die besonderse goeie klank en prag van die teater nie.

So het die feesorganiseerders gewys dat musiekfeeste nie net in die buitelug hoort nie.

Die verskeidenheid van kosstalletjies het vir ’n wye spyskaart gesorg en verseker dat selfs die kieskeurigste eter aan die eetgoed gesmul het.

Besoek die webwerf www.mistywaters.co.za of stuur ’n Whatsapp na 017 2003 303 vir verdere navrae.


the audience in front of the music stage
Feesgangers geniet ’n musiekoptrede by vanjaar se Misty Waters-fees. Foto: Verskaf
a band performs on stage
After Agatha op die verhoog by vanjaar se Misty Water fees. Foto: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button