MunicipalNews

Beeste wei steeds in sentrale sakegebied

“Die munisipaliteit verwelkom idees van NPO’s en is bereid om betrokke te raak by die DBV om die probleem op te los.”

Hoewel die kwessie oor beeste in die middedorp al holrug gery is, bly inwoners frustreerd met dié diere wat steeds in die dorp ronddwaal.

’n Inwoner wat keelvol is vir beeste wat eiendom beskadig, oorweeg nou al om die beeste met ureum te vergiftig.

Die komplikasies wat dit egter volgens hom inhou, is die verwydering van die karkasse.

Me. Jenneth Geel, senior inspekteur van die Hoëveldrif DBV, het onderneem om inwoners en sakelui by te staan sou daar aan sommige voorwaardes voldoen word.

Die voorwaardes wat sy gestel het is:

  • • Die plasing van ’n berig om eienaars van rondloper-beeste te versoek om dadelik die diere uit die middedorp te verwyder en hulle te waarsku dat indien die beeste teen 28 Augustus nie verwyder is nie, die DBV stappe gaan neem om die beeste te skut en die eienaar ten duurste sal moet betaal om die dier(e) terug te kry in ag genome die dienste wat gelewer is.
  • • 24 uur sekuriteit verskaf moet word by die beskutting waarheen beeste vervoer sal word en die perseel teen skade beskerm moet word.
  • • Lekwa Munisipaliteit hul uitstaande skuld betaal en weer ’n geldige beskuttingsooreenkoms met die Hoëveldrif DBV aangaan vir beide kleinvee en vee, sodat hulle in staat is om dadelik te reageer op die eerste probleem-dier.

Die plasing van die berig is tot dusver die enigste voorwaarde waaraan voldoen is.

Volgens me. Geel eis die Suid-Afrikaanse Grondwet dat alle munisipale gebiede ’n skut vir verlore diere asook ’n beskuttingsooreenkoms moet hê.

Dié ooreenkoms wat die DBV met die munisipaliteit gehad het, het jare gelede verstryk, en betaling vir die werk wat gedoen word is sowat ’n jaar gelede gestaak.

Die Standerton Advertiser het me. Mtshiselwa juis hieroor uitgevra en ook waarom die ooreenkoms en betalings gestaak is.

Mnre. Manuel Coutinho (Nissan - verkope), Pieter du Bruyn (Nissan - verkope) and Pieter Botha (Nissan - handelaarshoof) samel geld vir die plaaslike DBV in.
Mnre. Manuel Coutinho (Nissan – verkope), Pieter du Bruyn (Nissan – verkope) and Pieter Botha (Nissan – handelaarshoof) samel geld vir die plaaslike DBV in.

Me. Thobeka Mtshiselwa, die munisipaliteit se kommunikasiebestuurder, het gesê dat die beskuttingsooreenkoms nie gestaak is nie, maar dat dit verval het.

“Die munisipaliteit verwelkom idees van NPOs en is bereid om betrokke te raak by die DBV om die probleem op te los.”

Oor die uitstaande geld het sy gesê dat die voorsieningskanaal-prosesse gevolg word vir enige betalings of dienste wat gelewer is asook die opstel van nuwe kontrakte.

“Die munisipaliteit moedig die DBV aan om navrae oor die kwessie van uitstaande betalings asook die opstel van ’n nuwe beskuttingsooreenkoms direk aan die munisipaliteit te rig.”

Die Standerton Advertiser het me. Mtshiselwa se kommentaar aan me. Geel deurgegee en wag om te hoor wat die volgende stappe gaan wees.

In die vorige berig het me. Geel inwoners en sakelui gemaan om méér te doen.

Intussen het Standerton Nissan tydens ’n onlangse gholfdag, geld ten bate van die plaaslike DBV ingesamel.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button