Vyf honde is op 15 September omstreeks 5.30vm op ’n plaas langs die Johannesburg-pad aangetref nadat hulle vermoedelik deur die nag vergiftig is.
Die egpaar, wat om veiligheidsredes anoniem wil bly, se gekruiste Boerboel en Jack Russels is van kant gemaak om vermoedelik toegang tot die skuur te verkry.
Hulle het die plaaseienaar in kennis gestel wat die Standerton Polisie ontbied het.
Die polisie het die volgende dag omstreeks 9.30vm opgedaag en na die skuur gegaan.
Mnr. Jandré Kasselman het na die plaas op die dag van die voorval gegaan en twee kennisgewingborde geneem.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.


