Duurste ram haal R16 000 op produksieveiling
Daar was twee lotte wat albei vir R16 000 verkoop is.
Mnr. Kobus de Jager van XX SAVM stoet het op Dinsdag, 20 September sy negede produksieveiling op Schuilplaas in die Amersfoort-distrik gehou.
Daar was twee lotte wat albei vir R16 000 verkoop is.
Ram 5008 XX is aan mnre. David en Jannie Jacobs van Ermelo verkoop, terwyl ram 5161 XX aan mnr. Johan Grobler van Amersfoort verkoop is.
Die gemiddelde prys van 41 ramme was R7 414 gewees.
Die duurste dragtige stoetooi is deur mnr. Nico Von Wielligh van Standerton vir ’n bedrag van R 4 500 gekoop, terwyl die gemiddeld van die dragtige stoetooie vir R2 748 stuk verkoop is.
Die stoet-ooie met lammers het ’n gemiddeld van R3 350 behaal.
Die gemiddeld op die kommersiele vroulike-diere was R2 310 gewees.
Die veiling is suksesvol deur BKB Louwid Standerton aangebied en mnr. Jan Mostert was die afslaer.



