MunicipalNews

Water stroom na bewering vir 13 uur lank uit gebarste waterpyp

Die brandweer het glo aan haar gesê dat hulle nie in die nag uitkom nie, want hulle word nie oortyd betaal nie.

’n Gebarste waterpyp by die kruising van Paarl- en Von Backströmstraat het na bewering 13 uur lank gespuit voordat die Lekwa Munisipaliteit dit kom regmaak het.

’n Inwoner het beweer sy kon geen hulp kry van die nooddienste nie en het die brandweerafdeling uit desperaatheid gebel.

Die brandweer het glo aan haar gesê dat hulle nie in die nag uitkom nie, want hulle word nie oortyd betaal nie.

Die Standerton Advertiser het ‘n e-pos aan die munisipaliteit op 6 Oktober gestuur om bevestiging te kry of dit wel die geval is en of hulle bewus was van die gebarste pyp.

Geen reaksie is tot dusver ontvang nie.

Mnr. Hillel Coetzer van AfriForum het gesê dat hy die klagte ontvang het vanaf die inwoner en namens AfriForum ’n e-pos aan die munisipale bestuurder gestuur het waarop hul ook geen terugvoer gekry het nie.

Die inwoner het gesê dat sy na vele gesukkel met mnr. Joseph Mogomotsane, inbelsentrumoperateur by die munisipaliteit, kontak gemaak het en dat hy baie vriendelik en behulpsaam was.

 

Lees meer hieroor in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button