CrimeNews

Boer lei groot skade nadat 91 beeste vergiftig is

Volgens mnr. Barnard het hy dadelik alle voerbakke en siek beeste uit die kampe laat verwyder om sy skade te probeer beperk.

Mnr. Hein Barnard wat tussen Standerton en Bethal boer, is Maandag, 24 Oktober na sy ander plaas, Piekstal in die Bethal-omgewing ontbied waar daar reeds ‘n groot aantal van sy Beef Masters dood of siek was na vergiftiging.

Mnr. Barnard het die vee dadelik deur dr. Hardus Pieters, veearts op Bethal, laat ondersoek.

Dr. Pieters het toetse laat doen en kon bevestig dat die beeste sinksulfiet in hul pense het.

Volgens mnr. Barnard het hy dadelik alle voerbakke en siek beeste uit die kampe laat verwyder om sy skade te probeer beperk.

Sinksulfiet is een van die produkte wat gebruik word om saad te behandel en beskerm teen springhaasmuise.

Ten tye van die gesprek op Woensdag, 26 Oktober het Mnr. Barnard reeds 91 koeie en kalwers verloor.

Hy vermoed vuilspel en het gesê hy het reeds ‘n strafregtelike saak geopen.

Die ondersoek duur voort.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button