CrimeNews

Boewe teiken raadslid twee maal op dieselfde dag

Mnr. De Ville het verbete aan sy selfoon geklou

Mnr. Rosier de Ville, DA-raadslid, het op 27 Oktober teenwoordigheid van gees behou toe booswigte twee keer probeer het om sy selfoon in die hande te kry.

Die eerste keer het een man in Beyers Naudéstraat oorkant die Toristo Kompleks dit probeer buit, maar hy het dit na ‘n gestoei teruggekry.

Toe hy ‘n uur en 20 minute later in sy voertuig geklim en probeer het om ‘n oproep te maak, het vier skelms die motor se deure oopgeruk en alles gegryp wat hulle kon.

Mnr. De Ville het verbete aan sy selfoon geklou en sy aktetas en bos sleutels is gesteel.

‘n Karwag by Lawrence Oogkundiges het alles aanskou en een skurk agernagesit en die aktetas wat op die grond neergegooi is, terug aan hom besorg.

“Niemand behalwe die wag het ‘n hand bygesit om te help nie,” het mnr. De Ville gesê.

“Ons mag nie toelaat dat misdadigers die oorhand in ons dorp kry nie.”

 

Mnr. Rosier de Ville se selfoon was by twee geleenthede in skurke se visier.
Mnr. Rosier de Ville se selfoon was by twee geleenthede in skurke se visier.
Mnr. Rosier de Ville met die aktetas wat teruggevind is.
Mnr. Rosier de Ville met die aktetas wat teruggevind is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button