CrimeNews

Beeswagter in hegtenis geneem na koper by 7 kragbokse vermoedelik gesteel is

In die verdagte se rugsak is ’n saag en koper gevind wat vermoedelik vanuit sewe gestroopte kragbokse in die omgewing afkomstig is.

’n Lid van die Standerton Kommando het gedurende die vroeë oggendure van Maandag, 31 Oktober ander lede van die kommando van vermoedelike kabeldiefstal in Kosmospark in kennis gestel.

Die kommando is vinnig uit na die toneel langs die Secundapad verby Waterbokstraat en het met ondersteuning van Kasselman Veiligheidsdienste ’n beeswagter, wat uitgeken is deur ’n ooggetuie, in hegtenis geneem.

In die verdagte se rugsak is ’n saag en koper gevind wat vermoedelik vanuit sewe gestroopte kragbokse in die omgewing afkomstig is.

Die Lekwa Munisipaliteit het ’n klag van koperdiefstal geopen.

“Ons wil Kasselman Veiligheidsdienste vir hul hulp en bystand tydens die voorval bedank,” het me. Nadia Smith, woordvoerder van die kommando, gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button