‘n Man is op Vrydag, 28 Oktober in hegtenis by die Standerton Vendusiekrale geneem vir die besit van ‘n beskermde spesie, naamlik ‘n waterskilpad.
Kasselman Veiligheidsdienste het die verdagte na die Standerton Polisiestasie geneem om ‘n klag te lê waar die man ‘n kans geneem en ontsnap het.
Die verdagte is ‘n kort rukkie later weer in hegtenis geneem by die vendusiekrale waarheen hy gevlug het.
Kasselman het die verdagte teruggeneem na die polisiestasie waar ‘n klag van ontsnapping bygevoeg is by die saak van besit van ‘n beskermde spesie.
Lees meer hieroor asook wat jy benodig om ’n skilpad wetiglik
aan te hou, in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.


