
Die standbeeld wat van die La Stanespa Kwekery op Standerton gesteel is en waaroor berig is in die Standerton Advertiser op 28 Oktober, is teruggevind.
Die booswigte het die beeld stukkend gekap en in die Rivierpark agtergelaat waar Kasselman Veiligheidsdienste dit na ‘n wenk wat ontvang was, opgespoor en na die Standerton Polisiestasie geneem het.

‘n Diefstalsaak is teen ‘n verdagte aanhangig gemaak.
Die saak is later teruggetrek weens te min bewyse en die verdagte is vrygelaat.
Lees meer hieroor in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


