’n Werknemer van Sahara Sand, mnr. Sakkie Robberts, is op Donderdag, 17 November beroof terwyl hy ’n aflewering in Sakhile moes gaan doen.
Mnr. Robberts was voor 8vm by die huis waar hy die aflewering moes doen en het uit die vragmotor geklim om die hek van die klant oop te maak.
By sy terugkeer by die voertuig het drie mans, gewapen met messe, hom beveel om stil te bly terwyl een ’n mes teen sy keel en die ander twee messe teen sy rug gehou het.
“Hulle het gevra of ek geld het en ek het gesê ek het nie,” het mnr. Robberts, steeds geskok, vertel.
Die rowers het toe sy beursie waarin daar ’n kontantbedrag van R300 was, sy identiteitsdokument en bankkaart, selfoon en armhorlosie by hom afgeneem en na ’n nabye, oop stuk veld gevlug.
“Daar was mense wat gestaan en kyk het hoe hulle my beroof en niemand het ’n poging aangewend om my te help nie,” het hy teleurgesteld gesê.
Lees waarom mnr. Robberts sentimentele waarde aan dié items geheg het in volgende week se uitgawe van die Standerton Advertiser.


