Kasselman Veiligheidsdienste het op 13 November gesteelde onkruiddoder ter waarde van R200 000 teruggevind,
Roundup is uit ’n stoor van ’n boer op die Bloukop-pad in die Morgenzon-omgewing gebuit.
Kasselman het patrollie tussen Morgenzon en Amersfoort gery en omstreeks 2vm ligte op die grondpad gewaar.
Hul het hul eie patrollievoertuig se ligte afgeskakel en die stilstaande 3-ton-Mitsubishi wat naaste aan hul was en die aankomende voertuig, ’n wit Toyota Condor, dopgehou.
Die Mitsubishi se insittendes het in die Toyota oorgeklim en in Morgenzon se rigting weggery.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


