’n Plaaslike vervoermaatskappy, D.J.Jacobs Transport, was op 21 November die slagoffer van ’n kaping sowat 5km van die Accent silo’s af.
Die onderneming is al sowat 20 jaar in die bedryf en het 23 vragmotors op die pad.
Volgens die eienaar, mnr. Daan Jacobs, het die kapers ’n voertuig dwars oor die pad getrek en die vragmotor ingewag.
Die vragmotorbestuurder het gestop en die kapers het verskoning gemaak dat hul voertuig onklaar geraak het en al geselsend nader aan die niksvermoedende bestuurder gestap en toe hulle naby genoeg was, het hulle ’n geweer op hom gerig en die voertuig gekaap.
Lees hoe en waar die vragmotor weer gevind is in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.


