Mnr. Sibusiso Shabalala is deur ’n voertuig in Handelstraat oorkant die Nissan-handelaar raakgery.
Die ongeluk het op 26 November gebeur nadat hy die pad na bewering probeer oorsteek het vanaf Nissan na die Caltex-vulstasie aan die oorkant van die pad.
Mnr. Bongane Malaza, bestuurder van die voertuig, het geskok gesê dat hy brandstof by die vulstasie ingegooi het en op pad huis toe was toe mnr. Shabalala voor sy motor ingehardloop het.
Mnr. Malaza het ook gesê dat daar geen manier was waarop hy kon uitswaai om die ongeluk te vermy nie want die pad was baie besig.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


