Kinnie hou van allerlei versamelstukke
’n Groter versameling in dié kontrei sal jy moeilik kry.
BETHAL – ’n Ou poskantoor en Barclaysbank is omskep in ’n lushof van antieke ware.
’n Groter versameling in dié kontrei sal jy moeilik kry.
Me. Kinnie Boshoff woon haar lewe lank op Davel en haar pa het ook op Davel geboer.
“Ek versamel iets van alles.
“Vandat ek kan onthou, hou ek daarvan om meubels en allerlei ander goedjies bymekaar te maak.
“Baie van dit wat ek versamel, het sentimentele waarde,” het sy vertel.
Die huis het ’n nostalgiese gevoel en vir ’n oomblik voel dit asof jy nie in Mpumalanga is nie.
Versamelstukke bring herinneringe terug van kindwees tot historiese gebeurtenisse.
Wanneer jy verby dié huis ry, kan jy dadelik sien dat iemand met ’n kreatiewe hart daar woon.
Me. Boshoff hou daarvan om mense te bederf en maak haar eie terte.
’n Groot deel van haar tuin is ’n groentetuin en sy gee gereeld van die groente weg wanneer sy kan.
“Meeste van die spykers in die mure het ek self ingekap.
“Ek kan nie altyd vir iemand wag om dit vir my te kom doen nie,” het sy gesê.









































