Die Perdekop-gemeenskap het op 29 November voor die Perdekop Landdroshof protes aangeteken tydens die hofverskyning van mnr. Petrus Blignaut
Inwoners het mnr. Blignaut by die polisie aangegee na beweerde opgrawing van grafte op ‘n plaas in die Platrand omgewing.
Die gemeenskap het na bewering die opgrawing probeer verhoed, maar dit was nie geslaagd nie.
Volgens die polisie was gedeeltes van die oorskot duidelik sigbaar daarna.
Die polisie het gesê mnr. Blignaut het aangevoer dat hy die land vir plantdoeleindes wou gebruik.
Hulle het hom in hegtenis geneem, maar later op borgtog van R500 vrygelaat.
Die saak is tot op 24 Januarie uitgestel.
Konst. Gugu Mahlangu van die Perdekop Polisie se speurtak ondersoek die saak.



