CrimeNews

Man in die sop na beweerde hamer-aanval op werker

Mnr. Ferreira staan tereg op ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer,

Die Perdekop-gemeenskap het op 29 November buite die Perdekop Landdroskantoor betoog tydens die hofverskyning van mnr. Johannes Ferreira.

Mnr. Ferreira staar ‘n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer in die gesig.

Volgens die Perdekop Polisie het een van mnr. Ferreira se werknemers aangevoer dat dié boer hom tydens ‘n meningsverskil met ‘n hamer aangerand het.

Mnr. Ferreira is in hegtenis geneem en later vrygelaat.

“Hy is met ‘n waarskuwing vrygelaat,” het adj.-off. Harry Moloi, woordvoerder van die Perdekop Polisie, gesê.

Dié voorval het die gemeenskap die harnas in gejaag wat tot hulle protesaksie gelei het.

Die saak is tot 24 Januarie uitgestel.

Konst. Gugu Mahlangu van die Perdekop Polisie se speurtak ondersoek die saak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button