MunicipalNews

Inwoners ontstoke oor ‘gesnoeide’ bome

Volgens mnr. Van der Wath moet die bome in die dorp gesnoei word om kragonderbrekings te help bekamp, maar dat die gedagte “prune the trees, don’t ruin them” nie verlore moet gaan nie.

Inwoners van Standerton is ontstoke oor die manier waarop die bome in die dorp afgesaag word en het hul tot verskeie instansies gewend om dit stop te sit.

“Vir sommige mense is bome ’n erfenis en vir ander net vuurmaakhout,” het mnr. Johannes van der Wath, DA-raadslid, gesê.

Hy het ook gesê dat die DA die kwessie ’n wyle gelede met die Lekwa Munisipaliteit bespreek het en mnr. Linda Tshabalala, munisipale bestuurder, se reaksie was dat die bome na twee jaar weer uitgegroei sal wees.

Afgesaagde bome by die Stefina- en Robertstraat-kruising in Meyerville.
Afgesaagde bome by die Stefina- en Robertstraat-kruising in Meyerville.

Die party het tydens die gesprek met die munisipaliteit die onmiddellike staking van roekelose verniel van die dorp se bome geëis.

Volgens mnr. Van der Wath moet die bome in die dorp gesnoei word om kragonderbrekings te help bekamp, maar dat die gedagte “prune the trees, don’t ruin them” nie verlore moet gaan nie.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button