CrimeNews

Houtdiewe loop hul rieme styf

Hulle het erken dat hulle die hout by ’n huis gesteel het.

Twee verdagtes is Maandag, 5 Desember deur mnr. Charles Msibi van die Community Policing Forum (CPF) by die taxistaanplek met die bystand van Kasselman Veiligheidsdienste vasgetrek.

Die mans het vermoedelik hout by ‘n huis op die dorp gesteel en mnr. Msibi het onraad vermoed toe hulle nie aan hom kon sê waar hulle die hout gekry het nie.

Kasselman het die CPF bygestaan met die ondervraging en hulle het die diefstal by die huis erken.

Volgens mnr. Msibi moet misdaad saam bekamp word en mens kan help deur meer oplettend te wees. Die hout is aan die eienaar terugbesorg en geen klag is gelê nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button