Stortingsterrein in haglike toestand
“Ek vat my pa saam, omdat ek onveilig voel daar alleen met al die mense wat my voertuig bestorm as ek daar aankom.”
Inwoners het onlangs hul misnoeë oor die haglike toestand van die vullisterrein bekend gemaak.
Me. Ester Zeeman, vergesel deur haar pa, het vullis by die stortingsterrein gaan weggooi en dit eerstehands beleef.
Sy was geskok toe die bestuurder van ’n aslorrie ’n vrag vullis in die pad waarop sy en haar pa besig was om te ry by die ingang van die stortingstterrein stort.
“Ek en my pa het naar geword van die reuk van iets wat gelyk het soos die binnegoed van ’n bees,” het Me. Zeeman gesê.
Volgens haar het haar man onlangs ’n operasie gehad en weens die feit dat Lekwa Munisipaliteit slegs drie swart sakke per week oplaai, moet sy die res wegry.
“Ek vat my pa saam, omdat ek onveilig voel met al die mense wat my voertuig bestorm as ek daar aankom,” het sy bygevoeg.
Volgens Me. Zeeman het ’n munisipale werker aan haar gesê dat die vullisterrein so lyk omdat die stootskraper waarmee die vullis weggestoot en begrawe word glo vir ses maande stukkend was.
“Die voertuig is egter volgens hom nou herstel, maar Lekwa het na bewering nie geld om die stootskraper te gaan haal nie.”
Lees die volledige berig vanjaar se laaste uitgawe van die Standerton Advertiser



