
Boere in die Villiers-Cornelia omgewing sal verlig wees om te hoor dat verskeie veediewe – wat ’n geruime tyd groot skade aan hul berokken het, in hegtenis geneem is.
Lt. Kol. Drikus Odendaal het gesê dat hulle na ondersoek vasgestel het dat dit ’n spesifieke groep kriminele was, omdat die wyse waarop die vee gesteel is, identies in al die voorvalle was.
Die diewe het glo elke keer tussen agt en 28 skape gesteel.
Villiers Poilsie het op 9 Desember ’n taxi met twee insittendes op die R103 by die Villiers-kruising vasgetrek.
In die taxi, wat afkomstig van Duduza in die Oos Rand is, is 11 lewendige skape gevind.
Die skape is gemerk en kon aan die eienaars, twee broers mnre. Reynecke’s van die plaas Maidstone in die Cornelia-distrik terugbesorg word.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.


