CrimeNews

Lisensiekantore twee keer beroof

Die wag het in haar verklaring aan die polisie gesê dat die mans gevlug het in ’n Wit Bantam Bakkie.

Die Standerton lisensiekantore is onderskeidelik op Saterdagmiddag, 10 Desember asook Woensdag 14 December beroof.

Tydens die eerste voorval was daar volgens inligting ontvang, slegs een sekuriteitswag aan diens.

Een van die mans het die wag in ’n sekuriteitshokkie inforseer en met ’n geweer aangehou terwyl die ander twee mans na bewering ingang na die kantore verkry het nadat hul ’n houtdeur oopgebreek het.

Volgens Lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder vir die Standerton Polisie, het die mans die kluis met ’n slyper oopgesny en ’n onbekende bedrag kontant gesteel.

Die wag het in haar verklaring aan die polisie gesê die mans het in ’n Wit Bantam Bakkie gevlug.

Volgens Lt. Nhlabathi, is geen inhegtenisnames gemaak nie, maar die polisie wag vir die uitslae van die vingerafdrukke wat geneem is in die hoop dat dit iets sal oplewer.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button