CrimeNews

Boere word gemaan om veiligheidsmaatreëls te verskerp

Die statistieke dui aan dat daar in die periode 3542 plaasaanvalle was.

Die Vrystaatse Polisie het ’n waarskuwing gedurende November aan die boere in die omgewing uitgereik om voorsorg en veiligheidsmaatreëls te verskerp oor die feesseisoen.

Statistieke uitgereik deur die Landbou Unie van Suid Afrika dui daarop dat sedert 1990 ’n totaal van 1747 plaasmoorde waaronder 1133 boere, 465 direkte familielede, 130 plaaswerkers en 19 kuiergaste vermoor is.

Die statistieke dui aan dat daar in dié periode 3542 plaasaanvalle was.

Dr. Johan Burger van die Instituut van Veiligheidstudies het gesê,“Die klimaat vir geweld in Suid Afrika is aan die groei weens die politieke en ekonomiese onsekerheid wat heers.”

Hy het ook gesê dat sosiale ongelykheid ook ’n bydraende faktor is.

Tydens ’n gesamentlike mediakonferensie wat deur AfriForum en lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, gehou is in Januarie 2016, is daar aangekondig dat plaasmoorde amptelik geprioritiseer gaan word.

AfriForum dryf reeds sedert 2012 ’n veldtog om plaasmoorde te laat prioritiseer en hoewel die organisasie van mening is dat die probleem nog nie ten volle opgelos is nie, beskou dit die aankondiging as ’n reuse sprong in die regte rigting.

Kapt. de Vos van Cornelia Polisiestasie het gesê, Boere moet waaksaam wees ten alle tye en seker maak dat hul veiligheidsmaatreëls in plek het.”

“Die polisie werk hard om misdaad op plase te bekamp,” het hy ter afsluiting gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button