CrimeNewsBreaking News

Hond doodgeskok

Munisipaliteit ignoreer inwoners se hulpkreet.

BETHAL – Bekommerde inwoners het vergeefs die munisipale hulplyn gebel nadat hulle ‘n dooie hond langs ‘n los en lewendige munisipale kragkabel gevind het.

Inwoners het dié kabel Sondag, 25 Desember omstreeks 6.30nm in ‘n parkie in Koedoestraat op die gras sien lê.

“Daar het ‘n hond by die kraglyn gelê wat reeds doodgeskok was.

“Later die aand het nóg ‘n hond geskok, maar gelukkig weggekom.

“Ons het aanmekaar die munisipaliteit probeer bel.

“Eers kon hulle nie vir ons ‘n verwysingsnommer gee nie en later het hulle glad nie meer die foon geantwoord nie,” het ‘n inwoner vertel.

Die park word gereeld gebruik vir ontspanning en kinders speel ook daar.

Die munisipaliteit het blykbaar vroeg vanoggend, Maandag, 26 Desember die kabel ontkoppel, maar niemand is seker of die kabel wel veilig is nie.

“Wat sal gebeur as ‘n kind doodgeskok word?

“Die werkers wat vanoggend hier was, het gesê dat hulle sal terugkom, maar niemand het tot nou toe opgedaag nie,” het nóg ‘n inwoner gesê.

Dié kragkabel wat op die gras in die parkie lê.
Dié kragkabel wat op die gras in die parkie lê.

14827640135971

Niemand kan nog bevestig hoe die kabel losgekom het nie.

Inwoners het reeds die hond verwyder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button