Gedurende die vakansie was daar ’n inbraak by Chriscon Civils, Standerton.
Volgens Kasselman Veiligheidsdienste het die diewe vermoedelik onderdeur die palisades gekruip en die glasdeur stukkend geslaan.
Die diewe het messe en vurke gesteel.
Daarna het hulle blykbaar oor die muur aan Stanprint se kant geklim en langs Mar-Peh Privaatkliniek afbeweeg om van die toneel te vlug.
Die Standerton Polisie was op die toneel en sake van huisbraak en diefstal is geopen.
Kapt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie het gesê hulle werk hard om dié soort misdaad op die dorp te verminder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



