CrimeNews

Zoey steeds vermis na Nuwejaar-joligheid

Volgens haar was die hond gespanne van die vuurwerke en moes weer geskrik het toe mense na Nuwejaar steeds klappers geskiet het.

’n Erg onstelde me. Carla Nienaber is baie ongelukkig oor die vrylike gebruik van klappers op die dorp nadat haar sewejaar-oue Shar-Pei-teef, Zoey, op 3 Januarie haar weg deur die palisades by hulle huis in Stefinastraat oopforseer en weggehardloop het.

Volgens haar was die hond gespanne van die vuurwerke en moes weer geskrik het toe mense na Nuwejaar steeds klappers geskiet het.

“Ek sal bly wees as die skiet van klappers heeltemal verban word.

“Die mense het tot 5vm Nuwejaarsoggend nog steeds aangehou.

“Die strate rondom ons was vol klapperpapiertjies en hulle gaan beslis nie kom skoonmaak nie.”

Sy het ook gesê Zoey is soos ’n kind vir haar en sy is bereid om ’n beloning te betaal aan iemand wat haar kan help om haar hond terug te kry.

 

Lees meer hieroor in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button